top of page

Clausena anisata | Perdepis boom te koop

Perdepis boom prys R420. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Die Perdepis boom kan ligte ryp weerstaan, en is matig droogtebestand.  Dit is 'n kompakte, immergroen boom met enkelsaamgestelde, donkergroen blare. Wanneer die blare van Clausena anisata verfrommel word, gee dit 'n skerp "perdestal" reuk - vandaar die Afrikaanse  volksnaam "Perdepis".  Sommige kliente vind die reuk aftsootlik, maar vir persone wat op 'n plaas grootgeword het (of steeds dikwels daar besoek) is die reuk eerder nostalgies. As gevolg van die skerp reuk van die blare, is die boom ook besonder bestand teen tuinplae. Die blare word tradisioneel  aangewend as medisyne en ook as 'n spesery. Clausena anisate se wortelstelsel is nie aggresief nie. Ons kan dit dus aanbeveel vir die klein tuin as 'n fokuspunt en interessante gespreksonderwerp - omdat dit so 'n unieke boom is. 

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Flora of Zimbabwe Perdepis Clausena anisata

nie beskikbaar in 100L en 450L nie

Perdepis boom in 50L te koop | Clausena anisata

Clausena anisata (Perdepisboom) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1180

Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 1m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page