Inheemse bome wat Treeshop naby Pretoria kweek, word hieronder in alfabetiese volgorde volgens wetenskaplike name aangebied. Hierdie gallery is nog nie volledig nie. Nuwe spesies word gereëld bygevoeg. Besoek ons asb. weer! Klik op die foto vir meer inligting.

Acacia galpini | Apiesdoring
Acacia galpini | Apiesdoring

Apiesdoring is 'n pragtige bladwisselende doringboom vir dir groot tuin. Dit gee digte skadu in die somer. Apiesdoring aard uitstekend in 'n houer en reageer goed op snoei. Apiesdoring is beskikbaar in 450L, 100L en 50L.

press to zoom
Acacia karroo | Soetdoring
Acacia karroo | Soetdoring

Die Soetdoring boom dra pragtige goud-geel blomme vroeg in die somer seisoen. Gebruik dit as 'n pionierboom om 'n mikroklimaat te skep vir ander inheemse plante en bome

press to zoom
Acacia nigrescens | Knoppiesdoring
Acacia nigrescens | Knoppiesdoring

Knoppiesdoring met sy groot dubbel-saamgestelde blaar is een van ons land se mooiste doringbome. Die boom is ryp sensitief. Plant Knoppiesdoring in 'n houer en plaas dit in 'n beskutte plek om 'n pragtige fokuspunt vir die klein tuin te skep. Knoppiesdoring is beskikbaar in 450L, 100L en 50L

press to zoom
Acacia nilotica | Lekkerruikpeul
Acacia nilotica | Lekkerruikpeul

Lekkerruikpeul, met sy swart krom-stam groeiwyse bied 'n treffende sambreelvorm en fokuspunt vir die kleiner tuin. Lekkerruikpeul reageer goed op snoei. Dit aard nie goed in 'n houer nie. Lekkerruikpeul is beskikbaar in 450L en 50L

press to zoom
Acacia sieberiana | Papierbasdoring
Acacia sieberiana | Papierbasdoring

Papierbasdoring is 'n gewilde keuse as 'n fokuspunt in die groot tuin. Sy wyd-spreiende kroon gee digte skadu in die somermaande. Papierbasdoring aard glad nie in 'n houer nie. Papierbasdoring is beskibaar in 450L, 100Len 50L

press to zoom
Acacia tortillis | Haak-en-steek
Acacia tortillis | Haak-en-steek

Haak-en-steek is 'n stadige groeier. Die boom het 'n pragtige takstruktuur wat uiteindelik in 'n sambreelvorm groei. Haak-en-steek aard goed in 'n houer en kan gesnoei word om die kenmerkende sambreelvorm binne 'n paar jaar te gee. Haak-en-steek is beskikbaar in 450l en 50L.

press to zoom
Acacia xantophloea | Koorsboom
Acacia xantophloea | Koorsboom

Koorsboom se pragtige groen stam is altyd 'n treffer. Dit is een van slegs 'n paar spesies wat deur sy stam fotosinteer. Koorsboom word groot en is nie geskik vir die klein tuin nie. Dit aard ook glad nie in 'n houer nie. Koorsboom is beskikbaar in 450L, 100L en 50L

press to zoom
Antidesma venosum | Voelsitboom
Antidesma venosum | Voelsitboom

Voëlsitboom word somtyds as 'n stuik geklassifiseer. 'N aantreklike boom regdeur die jaar wat voëls na u tuin sal lok.

press to zoom
Apodytes dimidiata | Witpeer
Apodytes dimidiata | Witpeer

Witpeer is verbasend rypbestand en het nie 'n aggressiewe wortelstelsel nie. Dit het aanvanklik 'n struikagtige groeiwyse maar kan groot word met tyd. Witpeer is 'n goeie keuse vir die groter tuin.

press to zoom
Bolusanthus speciosus | Vanwykshout
Bolusanthus speciosus | Vanwykshout

Die Vanwykshout boom dra pragtige blou-pers blomme in die lente. Die boom se fontein takstruktuur sorg vir 'n mooi vertoning in die klein tuin.

press to zoom
Buddleya saligna | Witolienhout
Buddleya saligna | Witolienhout

Witolienhout is uiters gehard. Dit het 'n grys-groen blaar en dra trosse klein wit blommetjies. 'N voortreflike skerm boom/struik

press to zoom
Celtis africana | Witstinkhout
Celtis africana | Witstinkhout

Witstinkhout is 'n geharde bladwisselende boom. Dit gee diepskadu in die somer, verloor vroeg sy blare in die herfs, en bod weer vroeg in die lente.

press to zoom
Colophospermum mopane | mopanie
Colophospermum mopane | mopanie

Die Mopanie boom vertoon op sy mooiste as 'n klompie bymekaar geplant word om 'n bos te vorm. Die boom het mooi vars-groen loof en 'n diepgegroefde grys stam

press to zoom
Combretum apiculatum| Rooibos
Combretum apiculatum| Rooibos

'N klein stuikagtige boom, beslis geskik vir die klein tuin. Rooibos (somtyds ook Rooiboswilg) dra pragtige rooi-bruin sade, wat 'n lang tyd op die boom hang.

press to zoom
Combretum erythorophyllum | Rivierva
Combretum erythorophyllum | Rivierva

Riviervaderlandswilg kan uiterse koue weerstaan. Die bladwisselende boom groei redelik vinnig en bied goeie skadu in die somer. Dit word wyd aangeplant as straat- en parkeerterein boom. Riviervaderlandswilg is beskikbaar in 450L, 100L, 50L en 10L

press to zoom