Treeshop is 'n boetiek inheemse bome kwekery in die Pretoria omgewing. Ons kweek en verskaf omtrent 180 inheemse boom spesies, waarvan sommige skaars is.  Ons verskaf ook bome wat spesiaal gekweek is vir aanplanting in groot potte - die ideale oplossing vir 'n klein tuin. Ons fokus op kweking, maar kan dienste soos landskapontwerp, ontwerp-en-verskaf, aflewering  en  aanplanting  lewer.  Hiervoor  gebruik  ons 'n netwerk van  betroubare diensverskaffers.

Welkom by Treeshop: Inheemse bome

  • Facebook - Black Circle

Geniet 'n kort e-besoek...

Iets oor Treeshop 

Ons streef daarna om altyd kwaliteit inheemse bome te verskaf. Ons fokus op die bo-ent van die boommark, ingesluit kontrakkweking van unieke bome vir  atrium landskaperingsprojekte.

Treeshop is a lid van SAKV (Suid-Afrikaanse Kwekers Vereeniging). Die goue blaartjies op ons logo simboliseer die kweek en verskaffing van kwaliteit inheemse bome en gepaardgaande dienste.

Piet en Sandra is die eienaars van Treeshop.

 

Piet het 'n PhD in Ingenieurswese met baie jare besigheidservaring. Sy wetenskaplike agtergrond is veral van waarde in die dag-vir-dag sorg van die kwkekery. Piet het baie van die kwekery se besigheids- en operasionele prosesse ge-outomatiseer.  Hierdie benadering dra by tot die verskaffing van kwaliteit inheemse bome. 

Sandra staan in diens van Treeshop se kliente. Sy is verantwoordelik vir bemarking en verkope van ons bome. Sy onderneem om altyd 'n vinnige, akkurate en vriendelike diens te gee.

 
 

Terugvoer van ons kliente

"Die inheemse bome wat Treeshop kweek is dikwels moeilik om elders te bekom. Hulle unieke bome bied 'n skeppende voordeel aan die landskapontwerper.

Die bome is van hoogstaande gehalte - Piet en Sandra ken hul bome  :)

Dankie dat julle altyd vinnig op ons navrae antwoord."

 

Anina Truter

Manager at Seas of Green Supply

"Van die eerste ontmoeting met Piet en Sandra het ons geweet dat ons in die regte hande is om ons boombehoeftes te diens. Hulle is passievol oor hul besigheid en dit wys in die goeie diens wat hul lewer asook die kwaliteit van hul inheemse bome.  Ons het hul bome in ons eie tuin gebruik en koop gereeld hulle bome vir ons kliente aan. Treeshop se bome was nog altyd van hoogstaande  gehalte. Ons vertrou dat die besigheid sal groei en floreer!"

Ryan & Glenice Ebedes of Grounded Landscaping

 

Maak kontak

Dringend?     Kontak Sandra by 084 504 1775                                 of        Piet by 083 442 2112

                        of         Stokersandra@gmail.com  

GPS: S25.38.126   E28.27.026

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com