top of page

Acacia karroo | Soetdoringboom te koop

Soetdoring boom pryse vanaf R375 tot R5250 afhangende van grootte. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Soetdoring kan strawwe ryp weerstaan en is matig droogtebestand.  Dit is 'n bladwisselinde doringboom wat teen gemiddelde tempo groei. Acacia karroo (deesdae Senegalia karroo) is 'n pionierboom. Dit vestig gou in 'n gestroopte veld en bied 'n mikro-klimaat -wat ander inheemse plante in staat stel om vinniger te hervestig. Die Soetdoringboom het 'n matig aggressiewe wortelstelsel. Synde 'n pionierboom, het die Soetdoringboom 'n beperkte leeftyd. Die boom is oortrek met helder geel blomme vroeg in die somer, 'n pragtige vertoning. Acacia karroo is nie geskik vir 'n klein tuin nie en aard ook nie in 'n houer nie. Die boom is 'n pionier - gebruik dit as sulks in die tuin, park en op die plaas.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica_soetdoring acacia/vachelia karroo

Soetdoringboom te koop. Acacia karroo in 100L
Soetdoring te koop | Acacia Vachelia karroo in 50L

Groot Acacia/Senegalia karroo (Soetdoringboom) in 450L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R5250

Spesifikasies:

  • Hoog 3.5m+

  • Stam 100mm+

  • Diameter 2m+

Acacia karroo (Soetdoring) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1050

Spesifikasies:

  • Hoog 2.8m+

  • Stam 60mm+

  • Diameter 1.2m+

Acacia karroo (Soetdoring) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R420  Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page