top of page

Acacia/Senegalia nigrescens | Knoppiesdoring te koop

Knoppiesdoring boom pryse vanaf R420 tot R5250 afhangende van grootte. Sien hieronder

of kontak Sandra 

Knoppiesdoring se genusnaam is verander van Acacia na Senegalia. Senegalia nigrescens is ryp sensitief en matig droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende doringboom en 'n medium groeier.  A. nigrescens word maklik uitgeken aan die knoppies op sy stam.  Knoppiesdoring aard goed in 'n houer en reageer ook goed op snoei. Acacia nigrescens in 'n groot pot is 'n pragtige fokuspunt in enige tuin. As die omstandighede reg is vertoon Knoppiesdoring pragtige herfskleure. Die boom se vars en heldergroen lenteblare is werklik  mooi. Knoppiesdoring is 'n on-ontdekte juweel!

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantz Africa Acacia nigrescens Knoppiesdoring

Groot Knoppiesdoring te koop. Acacia nigrescense in 450L

Groot Acacia (Senegalia) nigrescens  (Knoppiesdoring) in 450L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R5700

Spesifikasies:

  • Hoog 3.2m+

  • Stam 100mm+

  • Diameter  2.5m+

Acacia (Senegalia) nigrescens 

(Knoppiesdoring)  in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1180

Spesifikasies:

  • Hoog 2.5m+

  • Stam 70mm+

  • Diameter 1.2m+

Acacia (Senegalia) nigrescens 

(Knoppiesdoring)  in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R470

Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page