Acacia/Vachellia nilotica | Lekkerruikpeul te koop
Die genusnaam van Lekkerruikpeul het van Acacia na Vachellia verander. Vachellia nilotica is rypbestand en matig droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende doring boom en 'n vinnige groeier. A. nilotica het 'n kenmerkende digte sambreelvorm. Lekkerruikpeul aard nie goed in 'n houer nie maar reageer wel goed op snoei. Acacia nilotica word nie baie groot nie en is 'n ideale skaduboom vir die kleiner tuin. Peule van die boom het 'n aangename reuk as dit gebreek word.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantz Africa Acacia nilotica Lekkerruikpeul
nie tans in 100L beskikbaar nie
Groot Acacia (Vachellia) nilotica (Lekkerruikpeul) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R5250
Spesifikasies:
-
Hoog 2.5-3m+
-
Stam 100mm+
-
Diameter 2.5m+
Acacia (Vachellia) nilotica (Lekkerruikpeul) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R470
Spesifikasies:
-
Hoog 1.8-2m
-
Stam 30mm+
-
Diameter 1m+