Acacia/Vachellia tortillis | Haak-en-steek te koop
Haak-en-steek se genusnaam is nou Vachellia (voorheen Acacia). Vachellia tortillis kan strawwe ryp weerstaan en is droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende doringboom en 'n stadige groeier. A. tortillis word maklik uitgeken aan sy sambreelvormige groeiwyse (vandaar sy Engelse naam "Umbrella thorn"). Haak-en-steek doen uitstekend in 'n houer en reageer goed op snoei. Acacia tortillis in 'n groot pot is 'n pragtige fokuspunt in enige tuin! Die spesienaam "tortillis" kom van die opgekrulde (contorted) peulsaad van die Haak-en-steek.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantz Africa Acacia tortillis Haak-en-steek
nie tans beskikbaar in 100L nie
Groot Acacia (Vachellia) tortillis
Haak-en-steek) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R5950
Spesifikasies:
-
Hoog 2.5m+
-
Stam 60mm+
-
Diameter 2.5m+
Acacia (Vachellia) tortillis
(Haak-en-steek) in 50L te koop. (Houerboom voorraad)
Aanbevole klein/h prys R580
Spesifikasies:
-
Hoog 1m+
-
Stam 60mm+
-
Diameter 1m+
Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.