Albizia adianthifolia | Platkroon boom te koop

Platkroon boom prys: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Die Platkroon boom kry sy volksnaam van sy speidende, plat kroon groeiwyse. Albizia adianthifolia het groot, dubbel saamgestelde, donkergroen blare. (Beskikbaar in 50L).  Die boom dra pragtige wit-pienk bol-klossie blomme. Platkroon is 'n groot, immergroen, vinnig groeiende boom wat 'n digte skadu gooi. Albizia anthifolia is nie geskik vir aanplant in 'n klein tuin nie. Gebruik dit as 'n treffende fokuspunt in 'n groot tuin. Dit is ryp-gevoelig. Volgens ons ervaring by die Treeshop kwekery kan dit hoogstens -1C hanteer. 

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Albizia adianthifolia Platkroon

Platkroon (Albizia adiantifolia, SA148-50L) in 50L te koop

Aanbevole klein/h prys R 483 

Spesifikasies:

  • Hoog 2m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com