top of page

Caesalpinia ferra | Luiperdboom te koop

Luiperdboom pryse vanaf R350 tot R850 afhangende van grootte. Sien hieronder

of kontak Sandra 

Luiperdboom kan strawwe ryp weerstaan en is matig droogtebestand.  Dit is 'n bladwisselinde boom wat vinnig  groei. Caesalpinia ferrea is nie inheems nie. Dit is egter 'n mooi boom, met donker groen loof wat diep-rooi vertoon na dit pas uitgeloop het. Die boom dra geel blomme en het ook 'n treffende bas wat in kolle afskilfer om 'n wit onderbas te vertoon. Hierdie kolvoorkoms gee die boom sy naam. Luiperdboom se wortelstelsel is nie aggressief nie. Die boom word egter groot met tyd en moet liefs nie in 'n klein tuin geplant word nie. Die boom reageer goed op snoei en aard in 'n houer. Dit is 'n populêre bonsai.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Caesalpinia ferrea Luiperdboom

nie beskikbaar in 450L nie

Luiperdboom in 100L te koop | Caesalpinia ferra

Caesalpinia ferrea (Luiperdboom) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1050

Spesifikasies:

  • Hoog 3m+

  • Stam 60mm+

  • Diameter 1.5m+

Luiperdboom in 50L te koop | Caesalpinia ferra

Caesalpinia ferrea (Luiperdboom)  in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R420 Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page