Cassia abbreviata | Sambokpeul boom te koop
Sambokpeul boom prys: R520. Sien hieronder
​
of kontak Sandra
Die Sambokpeul boom is ongelukkig nie rypbestand en is matig droogtebestand. Dit is 'n netiese, regop, bladwisselende boom met heldergroen enkelsaamgestelde blare. Cassia abbreviata groei teen 'n middelmatige tempo en vertoon heldergeel blomme wat ontwikkel in lang (tot 600mm) peulsade, omtrent so dik soos 'n sambok - vandaar die naam. Sade hang lank aan die boom. Sambokpeul se wortelstelsel is nie aggressief en die boom word ook nie uitermate groot nie. Dit aard goed in'n houer en reageer ook goed op snoei. Cassia abbreviata is 'n goeie keuse vir die kleiner tuin. Dit is 'n gewilde bonsai spesie
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Flora of Zimbabwe Cassia abbreviata Sambokpeul
nie beskikbaar in 450L nie
nie beskikbaar in 100L nie
Cassia abbreviata (Sambokpeul) in 50L te koop
Aanbevole klein/h prys R580
Spesifikasies:
-
Hoog 1.5m+
-
Stam 25mm+
-
Diameter 1m+
Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.