top of page

Combretum hereroense | Kierieklapper boom te koop

Kierieklapper boom pryse vanaf R420 tot R1050 afhangende van grootte. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Kierieklapper kan slegs baie ligte ryp weerstaan en is uiters droogtebestand.  Dit is semi-bladwisselende boom wat teen 'n middelmatige tempo groei. Combretum hereroense het 'n kleinerige donkergroen blaar en viervlerkige donkerrooibruin vrugte. Die vrugte bly lank aan die boom en maak 'n indrukwekkende vertoning - veral in goeie jare, wanneer die boom vrugte in oorvloed dra.  Kierieklapper se wortelstelsel is nie aggressief nie. Die boom reageer goed op snoei en sal in 'n houer aard. Dit is 'n gewilde bonsai en 'n goeie keuse vir die kleiner tuin.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Flora of Zimbabwe Combretum hereroense Kierieklapper

nie beskikbaar in 450L nie

Kierieklapper te koop in 100L | Combretum hereroense

Combretum hereroense (Kierieklapper) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1180

Spesifikasies:

  • Hoog 2.5m+

  • Stam 60mm+

  • Diameter 1.5m+

Combretum hereroense (Kierieklapper) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R470

Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page