Hardekool bome te koop | Combretum imberbe
Hardekool is rypsensitief en matig droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende boom en groei ongelukkig maar stadig. Die boom het klein gryskleurige blare en het gewoonlik 'n netjiese regop stam. Combretum imberbe is bekend vir sy harde, swaar hout. (Vandaar die Afrikaanse naam Hardekool en Engelse naam Leadwood) C. imberbe het nie 'n aggressiewe wortelstelsel nie en is geskik vir die grootter tuin. Plant dit in 'n groot pot as u 'n klein tuin het. Hardekool is een van die mooiste Combretums.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Combretum imberbe, Hardekool boom
Beskikbaar in 50L. Beperkte voorraad in 100L
Combretum imberbe (Hardekool boom) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys
Spesifikasies:
-
Hoog 1.2m+
-
Stam 15mm+
-
Diameter 0.8m+
R580
Combretum imberbe (Hardekool boom) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys
Spesifikasies:
-
Hoog 2m+
-
Stam 30mm+
-
Diameter 1m+
R1450