top of page

Combretum kraussii | Bosvaderlandswilg te koop

Bosvaderlandswilg boom pryse vanaf R375 tot R950 afhangende van grootte. Sien hieronder

of kontak Sandra 

Bosvaderlandswilg kan ligte ryp weerstaan en is matig droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende boom en groei redelik vinnig.  Die boom se blare het 'n groen glans en voel effens leeragtig. Combretum kraussii se nuwe blare het somtyds 'n witterige skynsel. Die boom vertoon rooi en rooibruin herfskleure wat dit besonder mooi maak. Ongelukkig kruis Bosvaderlandswilg met Riviervaderlandswilg en mens kry dikwels hierdie hibrieds in die handel. As u 'n opregte krausii wil hê, koop die boom by 'n betroubare kweker/kwekery.  Combretum kraussii het nie 'n baie aggressiewe wortelstelsel nie.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica_Combretum kraussii Bosvaderlandswilg

nie beskikbaar in 450L nie

Bosvaderlandswilg in 100L | Combretum kraussii

Combretum kraussii (Bosvaderlandswilg) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1050

Spesifikasies:

  • Hoog 2.5m+

  • Stam 50mm+

  • Diameter 1.2m+

Bosvaderlandswilg in 50L | Combretum kraussii

Combretum kraussii (Bosvaderlandswilg) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R420

Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page