top of page
Dracaena mannii | Kleinblaardrakeboom te koop
Kleinblaardrakeboom het 'n interessante multi-stam groeiwyse. Die boom se vorm en sy lang, smal, donkergroen blare bied iets buitegewoon aan die tuinier. Dracaena mannii is immergroen, groei middelmatig-vinnig en is effens koudgevoelig. Die boom word nie baie groot nie en het dus 'n nie-agressiewe wortelstelsel. Dit groei ook in klei-agtige grond. Die boom dra mooi, geurige blomme wat ontwikkel in helder oranje vrugte. Laasgenoemde bly lank aan die boom. Kleinblaardrakeboom reageer goed op snoei en kan in 'n groot pot geplant word.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Biodiversityexplorer Dracaena mannii, Kleinblaardrakeboom
Dracaena mannii (Kleinblaardrakeboom) in 50L te koop.
Aanbevole kleinhandel prys R520
Spesifikasies:
-
Hoog 1.m+
-
Stam 20mm+
-
Diameter 0.8m+
bottom of page