Cussonia paniculata | Hoëveldse kiepersol te koop
Hoëveldse kiepersol kan strawwe ryp weerstaan en is uiters droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende boom wat aanvanklik vinnig groei, maar lank neem voordat dit 'n kroon vorm. Cussonia paniculata het groot, unieke blougroen, byna grys, blare wat werklik pragtig vertoon in enige tuin. Hoëveldse kiepersol het 'n netjiese regop groeiwyse. Hoewel die boom nie baie groot word nie, het dit 'n baie aggressiewe wortelstelsel. As u 'n klein tuin het, plant Cussonia paniculata in 'n groot houer as fokuspunt. Die boom aard uitstekend in 'n houer en het min versorging nodig.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Cussonia paniculata Hoëveldse kiepersol
nie beskikbaar in 450L nie
nie verkoopgereed nie
nie verkoopgereed nie
Cussoia paniculata (Hoëveldse kiepersol) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1450
Spesifikasies:
-
Hoog 2m+
-
Stam 80mm+
-
Diameter 1m+
Cussoia paniculata (Hoëveldse kiepersol) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R580
Spesifikasies:
-
Hoog 1.m+
-
Stam 40mm+
-
Diameter 0.8m+