top of page

Cussonia transvaalensis | Vaalkiepersol boom te koop

Vaalkiepersol (ook Transvaalkiepersol) boom prys:  R520. Sien hieronder

​

of kontak Sandra 

Transvaalkiepersol (ook Vaalkiepersol) is die mooiste van al die kiepersol spesies. Die grys-blou blare van Cussonia transvaalensis  is diep gekartel met 2-4 nodes. Daar kan tot 6 blaartjies uit elke node groei, wat die boom werklik uniek maak. Transvaalkiepersol is besonder skaars en kom plek-plek in die Waterberg voor. Dit is een van die kleiner kiepersol spesies maar het, soos al die ander spesies in die familie, ‘n agressiewe wortelstelsel. Cussonia transvaalensis is immergroen, uiters droogtebestand en aard goed in ‘n houer. Maak egter seker dat die houer goed dreineer en gee water met oorleg om te keer dat die boom wortelvrot kry.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantzafrica Cussonia transvaalensis Vaalkiepersol

Een van Treeshop se skaars bome aanbod

Vaalkiepersol | Vaal kiepersol | Cussonia transvaalensis

nie beskikbaar in 100L of 450L nie

Vaalkiepersol | Cussonia transvaalensis. Waterberg

Cussonia transvaalensis | Vaal kiepersol. Foto geneem in die Waterberg

Vaalkiepersol te koop in 50L | Cussonia Transvaalensis

Cussonia transvaalensis (Vaalkiepersol) in 40L te koop

Aanbevole klein/h prys R580   Spesifikasies:

  • Hoog 0.8m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter .8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page