top of page
Dichrostachys cinerea | Sekelbos te koop
Sekelbos is 'n uiters geharde bladwisselende boom. Dit weerstaan strawwe ryp en droogte en is 'n vinnige groeier. Dichrostachys senerea dra pragtige tweekleurige blomme. Die boom het aanvanklik 'n struikagtige groeiwyse, maar aangesien dit goed op snoei reageer, word dit maklik na 'n enkelstam groeiwyse gedwing. Sekelbos is geneig om te vervuil as dit nie beheer word nie. Die boom aard goed in 'n houer en ons beveel die metode aan as u 'n klein tuin het. Dichrostachys cenerea is 'n gewilde bonsai.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Sekelbos Dichrostachys cinerea
nie beskikbaar in 100L en 450L nie
Dichrostachys cinerea (Sekelbos) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R470
Spesifikasies:
-
Hoog 2m+
-
Stam 35mm+
-
Diameter 1,2m+
bottom of page