top of page

Diospyros whyteana | Swartbas boom te koop

Swartbas boom prys R420. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Swartbas kan strawwe ryp weerstaan maar nie droogte nie.  Dit is 'n immergroen boom (somtyds ook as struik geklasifiseer) wat maar stadig groei. Diospyros whyteana is tweeslagtig en die vroulike bome dra aanskoulike rooi vrugte. Die boom het donkergroen glansblare. Dit word nie baie groot nie en aard ook goed in 'n houer. Gebruik Swartbas as 'n fokuspunt in die klein tuin, of as skermplant. Diospyros whyteana se wortelstelsel is nie aggressief nie. Dit is 'n gewilde bonsai.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Swartbas Diospyros whyteana

nie beskikbaar in 100L of 450L nie

Diospyros whyteana | Swartbas

Diospyros whyteana (Swartbas) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys  R470  Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 20mm+,  Multistam

  • Diameter 0.7m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page