top of page

​Dovyalis caffra | Keiappel boom te koop

Keiappel boom pryse vanaf R375 tot R950 afhangende van grootte. Sien hieronder

​

of kontak Sandra 

Die Keiappel boom kan strawwe ryp weerstaan en is matig droogtebestand. Dit is 'n klein, halfbladwisselende boom wat redelik stadig groei, meesal met 'n struikagtige voorkoms. Dovyalis caffra is twee slagtig en vroulike bome dra heldergeel vrugte wat mens aan appelkose laat dink. Die boom het nie 'n aggressiewe wortelstelsel nie en reageer gunstig op snoei. Hierdie eienskappe maak dit besonder geskik as houerboom asook vir aanplant in 'n klein tuin. Keiappel word somtyds aangeplant as heining.  Dit is 'n gewilde bonsai.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantz Africa Dovyalis caffra Keiappel

nie beskikbaar in 450L nie

Keiappel boom in 100L te koop | Dovyalis caffra

Dovyalis caffra (Keiappel) in 100L te koop

Aanbevole klein/h prys R1050

Spesifikasies:

  • Hoog 2.2m+

  • Stam 45mm+

  • Diameter 1.2m+

Keiappel boom in 50L te koop | Dovyalis caffra

Dovyalis caffra (Keiappel) in 50L te koop

Aanbevole klein/h prys R420

Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter 0.6m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page