Dracaena mannii | Kleinblaardrakeboom te koop

Kleinblaardrakeboom boom prys: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Kleinblaardrakeboom het 'n interessante multi-stam groeiwyse. Die boom se vorm en sy lang, smal, donkergroen blare bied iets buitegewoon aan die tuinier. Dracaena mannii is immergroen, groei middelmatig-vinnig en is effens koudgevoelig. Die boom word nie baie groot nie, maar het wel 'n effens agressiewe wortelstelsel. Dit groei ook in klei-agtige grond. Die boom dra mooi, geurige blomme wat ontwikkel in helder oranje vrugte. Laasgenoemde bly lank aan die boom. Kleinblaardrakeboom reageer goed op snoei en  kan in 'n groot pot geplant word.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Biodiversityexplorer Dracaena mannii, Kleinblaardrakeboom

Tans slegs beskikbaar in 50L

Dracaena mannii (Kleinblaardrakeboom) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R520                     

Spesifikasies:

  • Hoog 1.m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com