Ekebergia capensis | Essenhout te koop

Essenhout boom pryse vanaf R375 tot R5250 afhangende van grootte. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Essenhout kan ligte ryp weerstaaan maar is nie droogtebestand nie. Dit is 'n immergroen boom wat vinnig groei en digte skadu gee. Ekebergia capensis het helder groen saamgestelde blaar, wat aanvanklik rooierig vertoon. Die boom se wortelstelsel is nie aggressief nie. Essenhout word maklik verwar met Wildepruim omdat die blaarvorm en kleur baie dieselfde is. 'n Betroubare manier om die twee spesies te onderskei is om 'n blaar van elk te pluk. Let op na die uitskeiding van 'n helder sap uit die blaarsteelwond, wat slegs by die Wildepruim waageneem word. Essenhout is 'n goeie keuse vir die groot tuin of park. Oorweeg Essenhout vir 'n laningboom langs 'n oprit. 

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Essenhout Ekebergia capensis

nie verkoopgereed nie

nie verkoopgereed nie

Groot Ekebergia capensis (Essenhout) in 450L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R5250

Spesifikasies:

  • Hoog 3.5m+

  • Stam 100mm+

  • Diameter  2m+

Ekebergia capensis (Essenhout) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R950

Spesifikasies:

  • Hoog 3m+

  • Stam 75mm+

  • Diameter 1.5m+

Ekebergia capensis (Essenhout) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R375

Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 55mm+

  • Diameter 1m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com