top of page

Englerophtum magalismontanum | Stamvrug boom te koop

Stamvrug boom pryse vanaf R520 tot R1300 afhangende van grootte. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Stamvrug kan matige ryp weerstaan en is matig droogtebestand.  Dit is 'n immergroen boom  wat ongelukkig maar stadig groei. Englerophytum magalismontanum dra heerlike eetbare vrugte aan sy stam - vandaar die naam. Die kleur van die bo en onderkant van die blare verskil beduidend, wat die boom besonder aantreklik maak. Stamvrug se wortelstelsel is nie aggressief nie en die boom word ook nie groot nie. Dit is dus 'n ideale kandidaat vir die klein tuin. Die boom aard verder ook goed 'n houer. Stamvrug is 'n wenner wat nog nie sy plek in die mark gevind het nie - moontlik omdat dit skaars in die natuur is en feitelik onbeskikbaar is in die kwekeryhandel.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Stamvrug Englerophytum magalismontanum

nie beskikbaar in 450L nie

Stamvrug te koop | Engleropytum magalismontanum

nie verkoopgereed nie

Englerophytum magalismontanum | Stamvrug te koop

Englerophytum magalismontanum (Stamvrug) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys  R1450  Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 50mm+

  • Diameter 1m+

Englerophytum magalismontanum (Stamvrug) in 40/50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R580  

Spesifikasies:

  • Hoog 1m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 0.6m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page