Erythrina humeana | Kleinkoraalboom te koop

of kontak Sandra 

Kleinkoraalboom prys:  R375. Sien hieronder

Die Kleinkoraalboom is matig rypbestand en ook ietwat droogtebestand. Dit is 'n klein, kompakte, bladwisselende boom wat gekenmerk word aan sy pragtige, groot, dieprooi blomme. Erythrina humeana kan twee tot selfs drie maal per seisoen blom. Wanneer die peulvrugte van die boom oopsplit vertoon dit helderrooi sade. Die Kleinkoraalboom     -ook bekend as Dwergkoraal- se wortelstelsel is gladnie aggressief nie. Die boom word nie groot nie en is dus 'n uitstekende keuse vir die klein tuin. Erythrina humeana aard goed in 'n houer en reageer ook gunstig op snoei.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantz Africa Erythrina humeana Kleinkoraalboom

Slegs beskikbaar in 50L (Tans uitverkoop)

Erythrina humeana (Kleinkoraalboom) in 50L te koop

Aanbevole klein/h prys R375

Spesifikasies:

  • Hoog 1.2m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com