top of page

Erythrina lysistemon | Gewone koraalboom te koop

Gewone koraalboom pryse vanaf R375 tot R4950 afhangende van grootte. Sien hieronder

​

of kontak Sandra 

Die Gewone koraalboom kan ligte ryp weerstaan en is matig droogtebestand. Dit is 'n medium grootte bladwisselende boom wat vinnige groei. Erythrina lysistemon word gekenmerk aan sy pragtige, groot, bloedrooi blomme, wat vroeg in die lente vertoon -gewoonlik voordat sy blare bod. Gewone koraalboom se groeiwyse en blare is baie soorgelyk aan die Kuskoraalboom (Erythrina caffra). Laasgenoemde se blomme is egter meer oeanjerooi. Min kleinhandelkwekery onderskei tussen die spesies en sal aan u 'n "Koraalboom" verkoop sonder om die verskille uit te wys. As u dus die Gewone koraalboom wil aankoop, doen dit deur 'n betroubare bron wat die verskil ken en vertrou kan word om die regte spesie te verskaf. Die Gewone koraalboom het 'n medium-aggressiewe wortelstelsel. Nogtans aard dit uitstekend in 'n houer. U kan die metode volg as u die boom in 'n klein tuin wil plant.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantz Africa Erythrina lysistemon Gewone koraalboom

nie verkoopgereed nie

nie verkoopgereed nie

nie verkoopgereed nie

Groot Erythrina lysistemon (Gewone koraalboom) in 450L te koop

Aanbevole klein/h prys R4950

Spesifikasies:

  • Hoog 3m+

  • Stam 60mm+

  • Diameter 1.5m+

Erythrina lysistemon (Gewone koraalboom) in 100L te koop

Aanbevole klein/h prys R1180

Spesifikasies:

  • Hoog 2.2m+

  • Stam 45mm+

  • Diameter 1.2m+

Erythrina lysistemon (Gewone koraalboom) in 50L te koop

Aanbevole klein/h prys R470

Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter 1m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page