top of page

Ficus ingens | Rooiblaarvy boom te koop

Rooiblaarvy boom prys: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Rooiblaarvy is 'n vinnig groeiende, middelmatig-klein, half-bladwisselende boom met groot, donker groen blare. Jong blare het aanvanklik 'n rooi tint, wat 'n besondere voorkoms aan die boom gee. Ficus ingens is bekend vir sy groot variasie in groeiwyse. Sommige eksemplare groei wydspreidend terwyl ander 'n boomvoorkoms het. In beide gevalle ontwikkel dit 'n treffende wortelknoets. Die boom bied derhalwe uitstekende potplant moontlikhede (en is ook 'n gewilde bonsai spesie). Rooiblaarvy is effens koudgevoelig. Plant dit in 'n groot tuin om 'n "tropiese gevoel" te gee en ook vrugte vretende voëls te lok. 

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantZAfrica Ficus ingens, Rooiblaarvy

Tans slegs beskikbaar in 50L

Rooiblaarvy te koop in 50L | Ficus ingens

Ficus ingens (Rooiblaarvy boom) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys                       

Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter 0.8m+

R470

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page