top of page

Ficus lutea | Reuseblaarvy boom te koop

Reuseblaarvy boom prys: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Die Reuseblaarvy is een van die mooiste vyspesies. Dit het buitengewone, groot, glansende blare - die grootste van al die vyspesies. Ficus lutea het 'n kompakte, sampioenvorm groeiwyse, wat 'n digte skadu gooi.  Die boom verloor sy blare vir 'n kort tydjie in die jaar en kan selfs semi-bladwisselend wees onder gunstige klimaatsomstandighede. Reuseblaarvy is 'n vinnige groeier wat gou-gou 'n tropiese woudeffek in die tuin sal skep. Dit is effens rypgevoellig. Na aanleiding van ons ervaring by die Treeshop kwekery kan dit ten minste -1C hanteer. Plant Ficus lutea as 'n fokuspunt in 'n groot tuin. Die boom het nogal aggressiewe wortels. Plant dit in 'n groot plantpot as om hierdie besondere boom in u klein tuin te geniet.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Ficus lutea, Reuseblaarvy

ficus lutea | Reuseblaarvy in 50L te koop
Leaf of ficus lutea | blaar van Reuseblaarvy

Ficus lutea (Reuseblaarvy) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R470        Spesifikasies:

  • Hoog 1.2m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page