top of page

Flacourtia indica | Goewerneurspruim boom te koop

Goewerneurspruim boom prys: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Goewerneurspruim is 'n medium/klein boom met 'n stuikagtige groeiwyse. Dit kan natuurlik opgesnoei word om 'n enkelstam of meerstammige boom te vorm. In die geval is die stam van die boom iets besonders.  Goewerneurspruim groei redelik vinnig, het donker groen loof en fyn, skerp doringtjies. Die spesie in bekend vir sy groot variasie in blaarvorm asook die grootte en groeiwyse van sy dorings. Flacourtia indica is bladwisselend en sy blare verkleur dieprooi voordat dit afval. Hierdie boom sal 'n goeie sekuriteitsheing maak. Dit kan ook dien as 'n skermboom. Hoewel dit redelik wyd noord van Pretoria voorkom, is dit nie algemeen beskikbaar in die handel nie.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Flora of Zimbabwe. Flacourtia indica, Goewerneurspruim

Tans slegs beskikbaar in 50L

Goewerneurspruim te koop in 50L | Flacourtia indica

Flacourtia indica (Goewerneurspruim boom) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R470                     

Spesifikasies:

  • Hoog 1.m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page