Galpinia transvaalica | Transvaalliguster te koop

Transvaalliguster pryse vanaf R420 tot R5950 afhangende van grootte. Sien hieronder

of kontak Sandra 

Transvaalliguster kan ligte ryp beerstaan en is matig droogtebestand. Dit is 'n pragtige, immergroen boom wat dikwels 'n meerstammige groeiwyse het. Die boom vertoon heldergroen, glansende blare en dra digte trosse klein, wit blommetjies wat ontwikkel in rooibruin vruggies. Galpinia transvaalica se wortelstelsel is nogal aggressief. Hoewel die boom nie besonder groot word nie, beveel ons dit nie aan vir 'n klein tuin nie. Transvaalliguster aard wel in 'n groot houer en dit reageer goed op snoei. Gebruik hierdie metode as u Galpinia transvaalica in 'n klein tuin wil plant.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantz Africa Galpinia transvaalica Transvaalliguster

Groot Galpinia transvaalica (Transvaalliguster) in 450L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R5950

Spesifikasies:

  • Hoog 3m+

  • Stam 70mm+

  • Diameter  2m+

Galpinia transvaalica (Transvaalliguster) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1050

Spesifikasies:

  • Hoog 2m+

  • Stam 40mm+

  • Diameter  1m+

Galpinia transvaalica (Transvaalliguster) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R420

Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter  0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com