top of page

Greyia radlkoferi | Transvaalse baakhout boom te koop

Transvaalse baakhout boom prys R420. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Die Transvaalse baakhout boom kan ligte ryp hanteer maar nie droogte nie. Dit is 'n bladwisselende boom (meer dikwels as stuik geklasifiseer) met helder af-rooi bottelborselblomme, 'n baie aanskoulike vertoning. Transvaalse baakhout is minder geneig as Natalse baakhout om van onder te vertak. Sy groeiwyse is egter steeds stuikagtig en ons beveel aan dat Greyia radlkoferi eerder as stuik aangeplant moet word. Die wortelstelsel van die struik is nie aggresssief nie en dit is dus ideale vir 'n klein tuin. Die Transvaalse spesie is minder vatbaar vir swamsiektes as sy Natalse eweknie en is in die algemeen beter aangepas vir die hoëveld klimaat.  Transvaalse baakhout aard uitstekend in 'n houer. Beide hierdie Greyia spesies is on-ontdekte juwele wat baie plesier sal verskaf in enige tuin.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Greyia radlkoferi Transvaalse Baakhout

nie beskikbaar in 450L nie

nie beskikbaar in 100L nie

Transvaalse baakhout in 50L te koop | Greyia radlkoferi

Greyia radlkoferi  (Transvaalse baakhout) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R470        Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 1m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page