Heteropyxsis natalensis | Laventelboom te koop
Laventelboom pryse vanaf R375 tot R4950 afhangende van grootte. Sien hieronder
of kontak Sandra
Laventelboom is rypbestand en matig droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende boom en groei redelik vinnig. Die boom vertoon pragtige herfskleure en is ook 'n plesier vir die oog met sy heldergroen, vars lenteblare. Die bas van Heteropyxsis natalensis skilfer van tyd tot tyd af om 'n pragtge wit stam en takke te vertoon - 'n groeiwyse en vertoning soortgelyk aan die uitheemse Luiperdboom. As die Laventelboom se blare gefrommel word, gee dit 'n aangename laventelgeur -vandaar die Afrikaanse naam. Heteropyxsis natalensis het nie 'n aggressiewe wortelstelsel nie. Die boom aard baie goed in 'n houer en reageer goed op snoei. Die Laventel boom word nie baie groot nie en is een van die beste bome vir 'n klein tuin. 'n Wenner keuse!
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Heteropyxsis natalensis Laventelboom
Groot Heteropyxsis natalensis (Laventelboom) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R5500
Spesifikasies:
-
Hoog 3m+
-
Stam 70mm+
-
Diameter 2m+
Heteropyxsis natalensis (Laventelboom) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1050
Spesifikasies:
-
Hoog 2.2m+
-
Stam 35mm+
-
Diameter 1m+
Heteropyxsis natalensis (Laventelboom) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R420
Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 25mm+
-
Diameter 0.8m+
Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.