top of page

Indigofera jucunda | Rivierverfbos boom te koop

Rivierverfbos boom prys: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Rivierverfbos is 'n vinnig groeiende, klein, half-bladwisselende boom met 'n struikagtige groeiwyse en 'n nie-agressiewe wortelstelsel.  Die boom is bekend vir sy pragtige blomme wat gereeld deur die somerseisoen te sien is. Indigofera jacunda groei maklik. Dit kan ligte ryp weeerstaan en is matig droogtebestand. Ongelukkig is dit geneig om effens wild te groei en moet by geleentheid teruggesnoei word. Plant Rivierverfbos gerus in die klein en selfs baie klein tuin as sierboom of skermboom. 

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantZAfrica. Indigofera jucunda, Rivierverfbos

Tans slegs beskikbaar in 50L

Rivierverfbos te koop in 50L | Indigofera jacunda

Indigofera jucunda (Rivierverfbos boom) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys                      

Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 15mm+

  • Diameter 0.8m+

R375

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page