top of page

Millettia grandis | Omsambeet boom te koop

Omsambeet boom prys R350. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Die Omsambeet (ook gespel Umsambeet) boom is matig rypbestand maar nie droogtebestand nie. Dit is 'n halfbladwisselende boom wat 'n geneigtheid het om van onder te vertak, veral as dit jonk is.  Millettia grandis het groot donkergroen saamgestelde blare wat rooibruin vertoon wanneer dit uitgroei. Die boom dra pragtige trosse pers blomme, wat ontwikkel in 'n oopspringende peulsaad. Laasgenoemde spring oop met 'n knal wat die sade tot 6 meter van die boom uitskiet. Dit is pret om hierdie gebeurtenis waar te neem!  Umsambeet se wortelstelsel is nie aggressief nie. Die boom reageer goed op snoei en aard uitstekend in 'n houer.  Inderdaad 'n on-ontdekte spesie wat baie aanbied vir groot en klein tuin landskappering. 

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Umsambeet Millettia grandis

nie beskikbaar in 450L nie

nie beskikbaar in 100L nie

Umsambeet in 50L te koop | Millettia grandis

Millettia grandis (Umsambeet) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R580        Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 1.3m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page