top of page

Bosvlier boom | Nuxia floribunda te koop

Bosvlier boom pryse: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Bosvlier is 'n medium grootte, vinnig groeiende, immergroen boom. Dit het aanvanklik 'n sigaar vorm met digte takke wat die stam bedek. Soos die boom verouder ontwikkel dit 'n digte, ronde kroon en die takke wat aanvanklik die stam bedek het sterf dan af.  Nuxia floribunda het helder groen blare wat die boom 'n pragtige voorkoms gee. Dit dra groot trosse wit blommetjies in oorvloed. In sy natuurlike stand, wanneer dit blom, staan die Bosvlier duidelik uit tussen sy bure -'n treffende gesig. Bosvlier is 'n onontdekte juweel wat  iets buitegewoon aan die tuinier bied. Die boom reageer goed op snoei en u kan sy grootte en vorm so beheer. Daarom is dit selfs geskik vir 'n baie klein tuin. Nuxia floribunda aard ook in 'n groot pot.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantzafrica Nuxia floribunda Bosvlier

Tans beskikbaar in 50L, 100L en 200L

Bosvlier boom te koop in 50L | Nuxia floribunda

Nuxia floribunda (Bosvlier) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R520                Spesifikasies:

  • Hoog 1.2m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

Bosvlier boom te koop in 100L | Nuxia floribunda

Nuxia floribunda (Bosvlier) in 100L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R1300      Spesifikasies:

  • Hoog 2.5m+

  • Stam 40mm+

  • Diameter 1m+

Bosvlier boom te koop in 200L | Nuxia floribunda

Nuxia floribunda (Bosvlier) in 200L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R3000     Spesifikasies:

  • Hoog 3.5m+

  • Stam 90mm+

  • Diameter 2m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page