top of page

Olea europaea ss africana | Olienhout te koop

Olienhout boom pryse vanaf R375 tot R4950 afhangende van grootte. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Olienhout kan strawwe ryp weerstaan en is matig droogtebestand. Dit is 'n pragtige paddastoelvorm immergroen boom, maar is 'n stadige groeier.  Olea africana is 'n ideale skaduboom vir die kleiner tuin (let wel - nie vir 'n klein tuin nie)  Olienhout aard uitstekend in 'n houer en reageer baie goed op snoei. U kan die grootte van die boom beheer deur the grootte van die hour waarin u dit plant. Met 'n klein bietjie sorg (gereelde water en 3 voedings per jaar) kan Olienhout pragtig vertoon in 'n houer vir baie jare. Ons beveel hierdie oplossing aan vir die klein tuin.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Olienhout Olea europaea ss africana

Groot Olienhout te koop. Olea europaea ss africana in 450L

Groot Olea europaea ss africana  (Olienhout) in 450L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R5250

Spesifikasies:

  • Hoog 2.5-3.5m+

  • Stam 100mm+

  • Diameter  1.5-2.5m+

Olienhout in 50L te koop

Olea europaea ss africana  (Olienhout) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1050

Spesifikasies:

  • Hoog 2.m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 1.2m+

Olea europaea ss africana  (Olienhout) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R420

Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page