top of page

Pappea capensis | Doppruim boom te koop

Doppruim boom pryse vanaf R350 tot R4350 afhangende van grootte. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Doppruim kan strawwe ryp weerstaan en is droogtebestand.  Dit is 'n immergroen, tweeslagtige boom wat ongelukkig maar stadig groei. Pappea capensis vertoon 'n digvertakte kroon en vroulike bome dra trossie groen doosvrugte wat oopsplit om 'n helderrooi vrug te vertoon - 'n gereg wat hoog op vrugtevretende voël se spyskaart is. Dit is feitelik onmoontlik om vroulike bome te identifiseer as hulle nie in vrug is nie. Dit wil ook vooorkom of dra van vrugte deur vroulike bome taamlik ongereëld is. Pappea capensis se wortelstelsel is nie aggresief nie. gebruik dit as 'n fokuspunt in die groter tuin. Doppruim reageer goed op snoei en aard in 'n houer -maar moet goed versorg word.  Dit is 'n gewilde bonsai.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Pappea capensis Doppruim

Doppruim in 450L te koop | Pappea capensis

Pappea capensis (Doppruim) in 450L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R4350 

Spesifikasies:

  • Hoog 2.8m+

  • Stam 80mm+

  • Diameter 1.8m+

Pappea capensis (Doppruim) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1180 Spesifikasies:

  • Hoog 1.5-2.3m+

  • Stam 40mm+

  • Diameter 1-1.6m+

Pappea capensis (Doppruim) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R470 Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter 0.6m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page