Philenoptera violacea | Appelblaar boom te koop

Appelblaar boom pryse: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Appelblaar is 'n middelmatig-klein boom, gewoonlik met 'n krom, karaktervolle stam. Die boom het groot enkelverdeelde blare en dra pers blomtrosse - somtyds in oorvloed. Wanneer dit blom lok dit 'n wye verskeidenheid insekte. In ons ervaring het Philenoptera violacea nie juis 'n agressiewe wortelstelsel nie. Dit is effens rypgevoelig, bladwisselend en droogtebestand. Appelblaar is geskik vir aanplant in 'n klein tuin. Dit neem lank vir die boom om 'n strek hoofstam te ontwikkel en moet daarom vir die eerste paar jaar na uitplant goed ondersteun word. Ongelukkig aard dit nie goed in 'n houer nie.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlatzAfrica Philenoptera violacea, Appelblaar

Tans beskikbaar in 50L en 100L

Philenoptera violacea (Appelblaar) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R420            Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

Philenoptera violacea (Appelblaar) in 100L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R1050               Spesifikasies:

  • Hoog 2m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 1m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com