top of page

Prunus africana | Rooistinkhout boom te koop

Rooistinkhout boom pryse vanaf R420 tot R5950 afhangende van grootte. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Die Rooistinkhout boom kan matige ryp weerstaan maar is nie droogtebestand nie.  Dit is 'n immergroen boom wat teen 'n middelmatige tempo groei. Prunus africana het enkelvoudige blare wat redelik groot is, met 'n glansend donkergroen kleur. Die boom se stam is besonder donker, en vorm 'n mooi kontras met sy blare. Rooistinkhout se blomme en vrugte is ook aanskoulik. Hierbenewens het die boom 'n mooi rondekruin voorkoms en 'n wortelstelsel wat nie aggressief is nie.  Prunus africana is 'n on-ontdekte spesie wat 'n pragtige vertoning sal gee in die groter tuin. Ongelukkig aard die boom nie baie goed in 'n houer nie.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Prunus africana Rooistinkhout

Rooistinkhout boom te koop in 450L | Prunus africana

nie verkoopgereed nie

Prunus africana (Rooistinkhout) in 450L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R5950 

Spesifikasies:

  • Hoog 2.8m+

  • Stam 80mm+

  • Diameter 2m+

Prunus africana (Rooistinkhout) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R1450 Spesifikasies:

  • Hoog 2.3m+

  • Stam 40mm+

  • Diameter 1.2m+

Prunus africana (Rooistinkhout) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R580 Spesifikasies:

  • Hoog 1.2m+

  • Stam 25mm+

  • Diameter 0.6m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page