Pterocarpus rotundifolius | Dopperkiaat boom te koop

Dopperkiaat boom pryse: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Dopperkiaat is 'n middelmatig-groot boom met groot, donkergroen, enkelsaamgestelde blare. Die boom dra helder geel blomme in oorvloed en wanneer dit blom lok dit 'n wye verskeidenheid insekte. In ons ervaring het Pterocarpus rotundifolius nie juis 'n agressiewe wortelstelsel nie. Dit is effens rypgevoelig, halfbladwisselend en droogtebestand. Dopperkiaat is geskik vir aanplant in 'n klein tuin. Ongelukkig aard dit nie goed in 'n houer nie.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlatzAfrica Pterocarpus rotundifolius, Dopperkiaat

Tans beskikbaar in 50L en 100L

Pterocarpus rotundifolius (Dopperkiaat) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R520            Spesifikasies:

  • Hoog 1.5m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

Pterocarpus rotundifolius (Dopperkiaat) in 100L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R1300               Spesifikasies:

  • Hoog 2m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 1m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com