Rothmannia capensis | Kaapse katjiepiering boom te koop

Kaapse katjiepiering boom prys: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Kaapse katjiepiering is 'n besondere boom en kom nie volop in die natuur voor nie. Dit het donker groen, glansende blare en dra treffende wit, welriekende blomme. Dit is interessant dat sy blomme omtrent net 1 dag hou. Rothmannia capensis word beskou as 'n medium/klein boom. Dit is 'n stadige groeier met 'n nie-aggresiewe wortelstelsel. Die boom dra sferiese vrugte wat net effens kleiner is as 'n tennisbal. Kaapse katjiepiering is 'n boom vir die fynproewer. Plant dit in u tuin as iets besonders.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Rothmannia capensis, Kaapse katjiepiering

Tans net beskikbaar in 50L

Rothmannia capensis (Kaapse katjiepiering) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys R520                     

Spesifikasies:

  • Hoog o.8m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com