Searsia chirindensis | Bostaaibos boom te koop
Bostaaibos kan ligte ryp weerstaan en is matig droogtebestand. Dit is 'n tweeslagtige, semi-bladwisselende boom wat vinnig groei. Searsia chirindensis het die grootste drievinger blaar van al die Searsia spesies en dit is ook die grootste boom van die familie. Bostaaibos vertak gewoonlik laag en vorm 'n groot "padastoel" kroon. Pragtig in die groter tuin. Searsia chirindensis se wortelstelsil in nie baie aggressief nie. Ons weet nie of die boom in 'n houer sal aard nie - waarskynlik nie.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Searsia chirindensis Bostaaibos
nie beskikbaar in 100L nie
nie verkoopgereed nie
Searsia chirindensis (Bostaaibos) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1180
Spesifikasies:
-
Hoog 3m+
-
Stam 70mm+
-
Diameter 2m+
Searsia chirindensis (Bostaaibos) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R470
Spesifikasies:
-
Hoog 1.5m+
-
Stam 25mm+
-
Diameter 0.8m+