top of page

Searsia lancea | Karee boom te koop

Karee boom pryse vanaf R350 tot R4350 afhangende van grootte. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Karee is uiters gehard. Dit kan strawwe ryp en droogte weerstaan. Searsia lancea is 'n immergroen boom met 'n interresante krom-stam groeiwyse. Die swart, skurwe bas van die boom vorm 'n mooi kontras met sy heldergroen blare, veral wanneer die boom sy blarekroon vernuut (gewoonlik in Desember). Karee word middelmatig groot en is dus geskik vir die kleiner tuin (maar nie vir 'n klein tuin nie). Searsia lancea is nie gelukkig in 'n houer nie. 

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Karee Searsia lancea

Groot Karee te koop. Searsia lancea in 450L
Karee te koop. Searsia lancea in 100L

Groot Searsia lancea (Karee) in 450L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R5250

Spesifikasies:

  • Hoog 3.3m+

  • Stam 100mm+

  • Diameter  2m+

Searsia lancea (Karee) in 100L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R950

Spesifikasies:

  • Hoog 2.5m+

  • Stam 70mm+

  • Diameter 1.3m+

Searsia lancea (Karee) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R375

Spesifikasies:

  • Hoog 1.8m+

  • Stam 50mm+

  • Diameter 1m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page