Syzygium gerrardii | Boswaterbessie boom te koop

Boswaterbessie boom prys: sien hieronder 

of kontak Sandra 

Boswaterbessie is 'n vinnig groeiende, middelmatig-groot, immergroen boom met helder groen, glansende blare. Groeipunte en hul jong blare het aanvanklik 'n rooi tint, wat 'n besondere voorkoms aan die boom gee. Syzygium gerrardii dra wit, sferiese "speldekussing" blomme.  Die boom weerstaan matige klei grond en is effens koudgevoelig. Plant Boswaterbessie as 'n fokus punt in die tuin vir sy mooi loof en blomme. Dit kan ook dien as kleurkontras in die tuin. Syzygium gerrarrdii het baie tuinmaak potensiaal. Dit is 'n onontdekte juweel.

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Flora of Zimbabwe. Syzygium gerrardii, Boswaterbessie

Tans slegs beskikbaar in 50L

Syzygium gerrardii (Boswaterbessie boom) in 50L te koop. 

Aanbevole kleinhandel prys                       

Spesifikasies:

  • Hoog 1.m+

  • Stam 20mm+

  • Diameter 0.8m+

R420

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

© Capstone99 Pty Ltd. Proudly created with Wix.com