Zanthoxylum capense | Kleinperdepram boom te koop
Kleinperdepram 'n middelmatig-klein, bladwisselende boom met 'n struikagtige groeiwyse en 'n nie-agressiewe wortelstelsel. Die boom het glansende, donker groen, saamgestelde blare en dra helder rooi bessies vroeg in die herfsseisoen. Die bessies asook blare het 'n sterk, heerlik lemoengeur. Zanthoxylum capense is ryp bestand asook matig droogtebestand. Kleinperdepram (die volksnaam kom van die konusvormige knoppies op sy stam) is geskik vir die klein en selfs baie klein tuin. Plant dit as "iets anders", wat ook voëls sal lok. Die boom reageer goed op snoei en sal in 'n groot pot aard.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantZAfrica. Zanthoxylum capense, Kleinperdepram
Tans slegs beskikbaar in 50L

Zanthoxylum capense (Kleinperdepram boom) in 50L te koop.
Aanbevole kleinhandel prys
Spesifikasies:
-
Hoog 1.5m+
-
Stam 15mm+
-
Diameter 0.8m+
R470