top of page

Greyia sutherlandii | Natalse baakhout boom te koop

Natalse baakhout boom prys R420. Sien hieronder 

of kontak Sandra 

Die Natalse baakhout boom is nie rypbestand en ook nie droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende boom (meer dikwels as stuik geklasifiseer) met groot helder rooi bottelborselblomme, 'n baie aanskoulike vertoning. Natalse baakhout is geneig om van onder te vertak. Hierdie groeiwyse word nie gekeer deur gereëlde snoei nie. Daarom beveel ons aan dat Greyia sutherlandii eerder as stuik aangeplant moet word. Die wortelstelsel van Baakhout is nie aggresssief nie en dit is dus die ideale struik vir 'n klein tuin. Die boom is vatbaar vir swamsiektes, wat behandel moet word om te keer dat sy blare voortydig verbruin. Natalse baakhout aard uitstekend in 'n houer. Lees ook die bespreking van die Transvaalse baakhout

Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Greyia sutherlandii Natalse Baakhout

nie beskikbaar in 450L nie

nie beskikbaar in 100L nie

Natalse baakhout in 50L te koop | Greyia sutherlandii

Greyia sutherlandii  (Natalse baakhout) in 50L te koop. 

Aanbevole klein/h prys R470        Spesifikasies:

  • Hoog 1.2m+

  • Stam 30mm+

  • Diameter 1m+

Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.

bottom of page