top of page

Dovyalis caffra | Kei-appel houerbome te koop

Die kompakte groeiwyse van die Kei-appel boom, gekombineer met sy oorvloedige groeiwyse nadat dit gesnoei is, maak dit 'n ideale houerboom. Dovyalis caffra is rypbestand en matig droogtebestand. Dit het 'n nie-aggressiewe wortelstelsel en groei goed in vol son asook halfskadu. Kei-appel is 'n halfbladwisselende, tweeslagtig boom. Vroulike bome dra oorvloedig vrugte (helder geel, omtrent so groot soos 'n gholfbal). Die vrugte het hoë vitamiene-C inhoud, kan vars geëet word (effens suur!) en word ook gebruik om konfyt van te kook.

​

Kei-appel blare is 'n gunstelling vir kewerlarwes. Larwes vreet graag die jong blare, en as die plaag nie behandel word nie, verstok die boom en kan dit uiteindelik vrek. Die plaag word baie maklik beheer deur die grond waarin die boom geplant is,  vroeg in die seisoen met 'n sistemiese plaagdoder te versadig. Die boom neem dit gou op en enige keweraanslag word vinnig en effektief kortgeknip. 

Voorbeelde van Kei-appel

Sesiaal

gekweek

as Houerbome

bottom of page