top of page
  • Writer's picturePiet Stoker (PhD)

Treeshop se houerbome bekendgestel


Suid Afrika het 'n ryk flora van inheemse bome. Die meeste van hierdie bome word uiteindelik baie groot, en kan dus nie in 'n klein tuin geplant word nie. Maar daar is 'n oplossing!

Heelwat van ons inheemse spesies aard goed in 'n houer. As die houer klein is (byvoorbeeld minder as 5L grondvolume) word na so boom verwys as 'n bonsai. Treeshop se produkreeks is egter gemik op groter houers - 50L en meer.

Dit is alom bekend dat baie boomspesies se grote beperk kan word deur hul wortelspasie te beperk - en dit kan u doen deur die boom in 'n groot pot of houer te plant.

Houerbome rondom 'n swembad wat gebou is in 'n binnetuin

Van links na regs: Kasuur, Kannabas in blom, Bosveldbloubos, Olienhout. Almal in 'n binneruimte van ongeveer 10m x 15m

Treeshop sal van tyd-tot-tyd 'n spesifieke spesie aanbied wat geskik is om in 'n houer te plant. Ons eerste houerboom wat verkoopgereed is, is Kei-appel (Dovyalis caffra). Vir meer inligting en fotos van Kei-appel, kliek hier.

231 views0 comments
bottom of page