top of page
  • Writer's picturePiet Stoker (PhD)

Die voorkeur vir enkelstam regop bome


Olienhout boom gekweek volgens algemeen aanvaarde standaard

Nege uit tien kliente vra vir enkelstam bome met 'n regop, reguit stam, wat vertak op 'n hoogte van omtrent 2 meter. Hierbenewens moet al die bome van 'n bepaalde spesie dieselfde lyk.

Sien die foto links van 'n Olienhout boom (Olea europaea ss africana)

Ek kan net spekuleer oor hoekom kiente hierdie groeiwyse verkies. Miskien is dit dat ons almal "geprogrammeer" is dat 'n boom so moet lyk omdat dit die vorm is wat ons dikwels langs ons strate en in ons parkeertereine sien.

Maar ek daag u uit om bos toe te gaan en te kyk hoe die natuurlike groeiwyse van ons inheemse bome lyk. Dikwels meerstammig, selde regop met reguit stamme, en beslis nie met vertakking wat eers begin op twee meter hoogte nie.

Ongeag die dikwels groot afwyking van ons "mensgemaakte standaard" is ons inheemse bome in hul natuurlike omgewing pragtig in hul verskeidenheid en vertoning.

Olienhout boom gekweek volgens natuurlike groeiwyse va die spesie

Ek gee toe dat die daarstel en toepassing van 'n standaard belangrik en toepaslik mag wees vir funksionele redes - byvoorbeeld vir straatbome. Ons moet egter 'n oop gemoed hê wanneer ons inheemse bome plant om ons tuin te versier. Vergelyk die Olienhout op die foto regs, wat Treeshop gekweek het om meer soos die natuurlike groeiwyse van die spesie te lyk.

Besluit self watter groeiwyse 'n meer treffende vertoning in u tuin gaan gee.

Hieronder kan u die groeiwyse van 'n jong Olienhout sien in sy natuurlike omgewing. Daar was nie enige wild hier nie, so die boom het nie 'n afvreetlyn nie.

Jong Olienhout natuurlike groeiwyse

As u dus weer beplan om inheemse bome vir u tuin aan te koop, oorweeg die natuurlike groeiwyse van die spesies wat u in gedagte het as deel van u koopbesluit . Hier is 'n geval waar mooiheid meer is as wat die oog ontmoet.

393 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page