top of page
  • Writer's picturePiet Stoker (PhD)

Tuinmaak met inheemse bome - 'n prys en kwaliteit opname


Pryse van inheemse bome varieer geweldig

As daar een stelling in die kleinhandel boombesigheid is wat NIE waar is nie is dat "Jy kry waarvoor jy betaal"

Ek het onlangs die pryse en kwaliteit van bome wat in die kwekery kleinhandel aangebied word ondersoek. My teikengebied was die Oostelike voorstede van Pretoria. Hierdie geselsblad uitgawe reporteer my bevindings en spekuleer ook in watter rigting die kleinhandel boommark waarskynlik gaan ontwikkel.

Wat spesies betref het ek gevind dat al die kwekerye wat ek besoek het voorraad van die meer populêre spesies dra:

Olienhout; Riviervaderlandswilg,

Karee; Wildeprum,

Witstinkhout; Vanwykshout,

Koorsboom en Apiesdoring.

Opname 1: Bekende kleinhandel kwekeryketting

Van 'n spesies oogpunt was daar nie veel meer om uit te kies as die populêre spesies hierbo gelys.

Pryse word per sakgrootte aangebied soos volg:

20L teen R550

50L teent R1600

100L teen R3800 (met 'n beperkte tyd spesiale aanbieding prys van R2500)

Wat kwaliteit betref - ek het die ondersoek in die middel van die winter gedoen en gee toe dat dit nie die beste tyd is om die gesondheid en groeikrag van bome te beoordeel nie. Desondanks was dit my waarneming dat die kwaliteit van die bome swak is. Dit was duidelik dat baie van die voorraad reeds lank op die vloer staan en derhalwe potgebonde voorkom.

Opname 2: Luukse (upmarket) tuinsentrum

Hier word meer spesies aangebied as in die eerste opname - in totaal ongeveer 20. Dit sluit spesies in soos Blouklokkiesbos, Omsambeet, Kremetart en Witmelkhout.

Pryse word aangebied per spesie en sakgrootte:

10L teen R90-R186 (Beperkte keuse van spesies)

20L teen R180-R286. (Wyer keuse van spesies) Byvoorbeeld Koorsboom word geprys teen R240

40/50L teen R596-R753 (Beperkte keuse van spesies)

Daar was geen bome in 100L nie.

Kwaliteit was effens beter as in die eerste opname, maar na my oordeel steeds sub-standaard.

Opname 3: Die kwekery om die hoek

Hier was 'n paar spesie verassings, byvoorbeeld Paddaboom en Maroela.

Die pryse was onkonsekwent. Dieselfde spesie in dieselfde sakgrootter het verskillende pryse, terwyl daar nie 'n ooglopende verskil van kwaliteit was nie. Sakgrootte was verkeerd aangedui. Byvoorbeeld as 50L, terwyl dit nie meer as 30L kon wees nie; 100L, terwyl dit beswaarlik 'n 60L sak kan wees.

Pryse van sakke wat ek gedink het omtrent 20L is, het varieer tussen R295 en R395

Pryse van sakke wat ek geskat het op ongeveer 50L het gewissel van R495 tot R1495

Pryse wat volgens die etiket in 100L sakke is, het gewissel van R1995-R2495

Die kwaliteit van die bome wat hierdie kwekery verkoop was werklik baie swak.

Die kwaliteit van inheemse bome is belangrik

Wat leer ons uit die opnames?

1) Pryse verskil drasties en u kan maklik 'n kat in die sak koop.

2) Kleinhandel kwekerye in die genoemde area bied beperkte boomspesie keuses aan.

3) Kwaliteit is sub-standaard in die meeste gevalle en in sommige gevalle werklik skokkend laag.

In watter rigting gaan die kwekery kleinhandel ontwikkel?

Hoe inheemse bome in die toekoms aangekoop gaan word

Ek voorspel dat die kleinhandelboommark na die internetwolk (cloud) gaan migreer. Soos en wanneer voornemende kopers ontdek dat hulle inheemse bome direk van gespesialiseerde en kundige kwekers met die klik van 'n muis kan aankoop, gaan die verskaffingsketting verander. Dink byvoorbeeld aan Takelot.com waar u 'n goot verskeidenheid van artikels (goedkoper) kan aankoop via die internet - met aflewering by u huis, dikwels binne 24 uur.

Aankoop van inheemse bome deur die internetwolk bied die volgende voordele aan u:

1) Toegang tot kundige advies oor watter bome om te plant, met inagname van die doel waarvoor u dit wil aanplant; u klimaat en waar u die boom wil plaas.

2) Aflewering by u voordeur.

3) Kwaliteit bome - verseker deur sosiale media meganismes en resensieverslae op Google My Business.

4) En laaste maar miskien die belangrikste - teen laer pryse as wat tans in die kwekery kleinhandel gevra word.

437 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page