top of page
  • Writer's picturePiet Stoker (PhD)

Immergroen bome wat vinnig groei


Ons kry dikwels navrae vir immergroen, inheemse bome wat vining groei. Die artikel bespreek ons idees en insig oor hierdie onderwerp.

Ons behandel eers ‘n paar terme en konsepte.

  • ‘N bladwisselende boom verloor 100% van sy blare, gewoonlik in herfs. Die boom is blaarloos vir 1-3 maande voordat dit weer in die lente uitloop.

  • ‘N halfbladwisselende boom verloor sy blare van die vorige seisoen net voordat dit weer begin uitloop. Sommige spesies verloor hul blare gelyktydig met uiloop.

  • ‘N immergroen boom verloor sy ouer blare regdeur die jaar. Blaarverlies is spesie afhanklik, maar die boom is nooit sonder blare nie.

Alhoewel sommige spesies meer mors as ander, is dit duidelik van bogenoemde dat daar nie iets bestaan soos “n boom wat nie mors nie”. Blaarverlies en die uitloop van nuwe blare is deel van ‘n boom se groeisiklus en dui op ‘n gesonde boom.

Bome se groeitempo is spesie-afhanklik. Behalwe vir water, is daar baia ander faktote wat hul groetempo beïnvloed:

  • Jaarlikse temperatuursiklus. Terwyl ‘n boom ‘n paar besondere koue nagte kan oorleef, kan dit steeds die selstruktuur van lewendige bas beskadig, wat die boom se groeitempo in die opvolgende groeiseisoen nadelig sal raak.

  • Grondkwaliteit is ‘n wetenskap in eie reg. Dit sluit eienskappe soos dreinering, suurgehalte, voedselbeskikbaarheid van makro-elemente (onder andere stikstof, fosfaat, kalium) en mikro-elemente (yster, mangaan, kopper, sink en andere) in.

  • Wortelspasie. ‘N boom se blaarmassa is altyd in balans met sy wortelmassa. Beperkte wortelspasie veroorsaak vertraagde groei en uiteindelik ‘n kleiner volwasse boom.

  • Ouderdom. Sommige spesies groei aanvanklik stadig en later baie vinniger. By ander is die teengestelde waar.

Onder die aanname dat al bogenoemde faktore gunstig is, klassifiseer ons groeitempo van immergroen inheemse bome as vining indien die boom na verwagting 80cm/jaar groei, midelmatig indien 40cm/jaar en stadig indien 10cm/jaar. Ons dui ook die verwagte grootte van ‘n volwasse boom aan -na byvoorbeeld 30 jaar- as baie groot synde ‘n kroon van 30m diameter, groot synde 15m, medium synde 7m en klein as 3m. So hier gaan ons!

Minium temperatuur val nie onder -6 grade Celsius.

immergroen bome wat vinnig groei: strawwe ryp

Dit volg van bogenoemde tabel dat daar geen middelmatige grootte boom is wat strawwe ryp kan weerstaan en ook “immergroen en vining groeiend” is. As u ‘n middelmatig grootte boom begeer, is geduld ‘n voorvereiste.

My voorstel vir ‘n klein tuin is Blou gwarrie. (Klik op boomnaam vir meer inligting)

My voorstel vir ‘n groot tuin is 3 Witolienhout bome, geplant is ‘n driehoek patroon.

Minium temperatuur val nie onder -2 grade Celsius.

immergroen bome wat vinnig groei: ligte ryp klimaat

Dit is voordiehandliggend dat u ‘n veel wyer keuse het as slegs ligte ryp in u klimaatstreek voorkom. Natuurlik kan u ook bome wat gelys is onder die -6C klimaattabel aanplant. Let op dat vinning groeiende spesies geneig is om ook groot te wees wanneer hul volwasse is. Die feit beperk u opsies vir die klein tuin.

My voorstel vir ‘n klein tuin is Perdepis of Berghardepeer.

My voorstel vir ‘n groot tuin is Witpeer of Waterbessie.

Minium temperatuur is meer as 0 grade Celsius.

immergroen bome wat vinnig groei: rypvry klimaat

Soos voorheen genoem kan u ook -2C en -6C bome in hierdie klimaatstreek aanplant. U het dus ‘n besondere wye keuse. ‘N rypvrye klimaat bied aan u die geleentheid om ook besondere groot inheemse bome bome aan te plant, byvoorbeeld Njalaboom. Benut dit as u die spasie het!

My voorstel vir ‘n klein tuin is Voëlsitboom

My voorstel vir ‘n groot tuin is Jakkalsbessie

Geniet u tuinmaak met inheemse bome!


27,612 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page